Kalfiefeesvieringe!

Posted by Unknown Tuesday, July 26, 2011 0 comments
Ek weet ek het reeds oor hierdie wonderlike klein fesie geskryf, maar ek voel ek wil net weer 'n paar dinge hieroor noem.



Die Kalfiefees is die baba van die bekende, jaarlikse Walvisfees. Dit kan eintlik nie meer 'n baba genoem word nie, want dit is al 'n paar jaar lank 'n volwaardige fees op sy eie. Hierdie diamant van 'n kultuurfees word jaarliks op Onrusrivier (net buite Hermanus) gehou. Hierdie jaar word dit van die 4de tot die 7de Augustus gehou.



Daar is hope om te sien, eet en luister vir almal! Volgens my is hierdie jaar se hoogtepunte "Bye ma, Jaypee" met Chris van Niekerk en "Dinner for one" met die baie bekende Elize Cawood. Ook "My pa dink hy's Elvis" lyk na 'n heerlike stukkie teater.



Hierdie jaar sal daar twee kuier tente wees, dus sal daar altyd erens iets te siene wees. Daar is ook vele boekpraatjies en baie musikante wat hierdie jaar hul talente sal vertoon.



Indien jy niks het om te doen nie en nerens om te wees nie, maak gerus 'n draai in die pragtige Onrusrivier. Dit sal verseker die moeite werd wees!



Ek gaan defnitief my teater hoed opsit en 'n draai gaan maak - met my kamera! 



Hier is die program vir die naweek:







Kaartjies is beskikbaar by Computicket of as jy nog nie weet wat jy wil gaan kyk nie, kan jy wel ook by die fees kaartjies koop.



Geniet!

Eli Angel...







if you want me to post your photos/artwork/poem...send it to me! If I like it, I will gladly post it - if I like it. Yay!
TERIMA KASIH ATAS KUNJUNGAN SAUDARA
Judul: Kalfiefeesvieringe!
Ditulis oleh Unknown
Rating Blog 5 dari 5
Semoga artikel ini bermanfaat bagi saudara. Jika ingin mengutip, baik itu sebagian atau keseluruhan dari isi artikel ini harap menyertakan link dofollow ke http://sexiestcountry.blogspot.com/2011/07/kalfiefeesvieringe.html. Terima kasih sudah singgah membaca artikel ini.

0 comments:

Post a Comment

Trik SEO Terbaru support Online Shop Baju Wanita - Original design by Bamz | Copyright of sexiest country.