Showing posts with label afrikaanse e-boeke. Show all posts
Showing posts with label afrikaanse e-boeke. Show all posts

Luna Paige Sing Stories

Posted by Unknown Saturday, April 6, 2013 0 comments


'n
Eerste vir die SA musiek industrie:




Luna Paige - Storielied













Luna Paige verdien
staande toejuigings. Meer nog – sy verdien vol sale….Tot nou toe
het sy hoofsaaklik in Engels gesing en ‘n mens het baie uitgesien
na haar eerste volledig Afrikaanse produksie. Dit was alles en meer
as wat mens verwag het…Hierdie reis saam met Paige gaan veels te
vining verby. Dit is ook een wat mens ‘n tweede of selfs derde keer
sal wil meemaak”. -

Mariana
Malan; Krit 2012, KKNK




Storielied is
'n moet vir musiekliefhebbers en boekwurms! Luna Paige se vierde
musiekvrystelling is in Afrikaans.
Storielied
is ‘n konsep-album, enig in sy soort en beloof om Afrikaanse
liefhebbers van musiek en literatuur uit die veld uit te slaan.










Waaroor gaan
Storielied?





Luna
Paige skryf vir die afgelope 10 jaar Engelse liedere. Sy het besluit
die tyd is reg om letterkunde en musiek in Afrikaans te verweef en
iets nuuts aan Afrikaanse musiekliefhebbers te bied. Sy put haar
inspirasie uit romans en kortverhale soos geskryf deur van ons land
se mees bekroonde skrywers.




Suid-Afrika is oor die eeue heen ‘n
bymekaarkomplek waar nasies mekaar leer ken, mekaar se taal leer
praat en waar hul saam aan 'n nuwe geskiedenis bou. Uit die Noorde
kom stories van adelikheid en verbode liefde. Uit die Ooste kom
speserye en vroue wat geen man kan weerstaan nie. Dié wat van hiér
kom - ken die aarde,haar ritme, haar bossies, haar reuke, haar
medisyne en haar ontembare wind.

Luna Paige bepeins saam met
Ingrid Winterbach oor evolusie en godsdiens. Sy sing oor vuur en
verbode liefde uit André Brink se “Ambassadeur”. Sy gaan haal‘n
lewensles uit ‘n Margaret Bakkes roman en sing oor ‘n Boesman
gelykenis soos beskryf deur Elias Nel. Sy identifiseer met Dana
Snyman se hartseer oor sy ouma en skryf ‘n wiegelied vir een van
Chris Barnard se sterwende karakters. Sy dans tot dagbreek toe saam
met die bevryde slawe in Raithby. 





Storielied gaan
oor die liefdesverhouding tussen die mens en die aarde. Luna Paige
neem jou op reis na ruimtes waarbinne jy verskeie aspekte van jouself
en dié wie jy liefhet, sal herken. Sy maak jou lus vir sing, dans,
huil, vir ‘n bietjie kultuur, vir geskiedenis en vir lees in
Afrikaans!





Vind ‘n voorsmakie van
Luna se
Storielied optrede: 





 



(Geïnspireer
deur “
Die
boek van toeval en toeverlaat
"
deur Ingrid Winterbach)











(Opgedra aan ClemenGold, Luna se borg)










(Gebaseer op ‘n kortverhaal van Elias P Nel)





(Gebaseer op ‘n kortverhaal van Micki
Pistorius)





Kyk hier vir meer:








Kyk uit vir DPC se resensie van Luna se Storielied.



eliinthecity@gmail.com


Baca Selengkapnya ....

Nuwe e-boeke/new e-books for kindle

Posted by Unknown Tuesday, March 13, 2012 0 comments
Kyk bietjie hier, hierdie e-boeke is nou beskikbaar en kan aan jou ge-epos word! Dit kan op enige rekenaar/laptop, notebook en kindle gelees word, selfs op sommige fone!



Het jy al ooit gewonder hoe om jou eie e-boek te skryf? Dan is hierdie die ideale boekie vir jou:



Face Boek stories is a unique, humorous Afrikaans book about everything that can go wrong (and right!) on Facebook (Available NOW):




For more information please e-mail me at: eliinthecity@gmail.com

Dis so maklik om hierdie boekies te koop. Stuur net 'n e-pos na: eliinthecity@gmail.com



Happy reading!



EA.



want me to post your photos/artwork/poem?...send it to me! If I like, I will post it. Yay! Contact me: eliinthecity@gmail.com

Baca Selengkapnya ....
Trik SEO Terbaru support Online Shop Baju Wanita - Original design by Bamz | Copyright of sexiest country.